“Reeds met die eerste storie het hierdie klein vet feetjie diep in my hart gekruip. Ek kon nie wag vir die volgende boek nie. Die karakters is lewensgetrou – hulle tree oortuigend op nes kinders van ’n jong ouderdom. Lizma weef ’n storie om alledaagse goed. Niks is vergesog nie en ’n mens kan jou indink in elke situasie. Ek het telkemale hardop uitgebars van die lag! Lizma skryf as ’n ouma met ’n baie hegte band met haar tweeling kleinkinders. Sy KEN kinders! Al die stories het werklik gebeur. Wat is dan nou makliker as om die skuld te pak op ’n onmoontlike feetjie? Menige jong lesertjie mag dalk idees kry!” ~ Estelle Groenewald, Primêre Onderwyser
Kortverhale om te vermaak sluit in:
- Filipina en die klimraam
- Filipina en die wasgoed
- Filipina en die bouers
- Filipina en die rowwe ram
- Filipina en die afvlerk kwikkie
- Filipina se per ongeluk vakansie
- Filipina ry vliegtuig
- Filipina en die olieverf spokies
en soveel meer.
Vir die Engelse weergawe, klik op die volgende skakel: Filipina The Fat Fairy
Reviews
There are no reviews yet.